Len Muller

Len Muller is ’n bekroonde en veelsydige Afrikaanse sanger-liedjieskrywer wat al meer as ’n dekade lank met sy eerlike lirieke, emosiebelaaide stem en akoestiese klank diep spore trap in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf. Met drie vollengte albums, trefferliedjies en indrukwekkende samewerkings het hy homself gevestig as een van die land se mees gerespekteerde Afrikaanse folk-kunstenaars.

Sy jongste vrystelling, “Energie”, volg op die reuse-sukses van “Soos ’n Engel”, wat nommer 1 op iTunes gehaal het, die nasionale radioglyste oorheers het, en onlangs ’n Bok Radio Bokkie-toekenning vir Beste Musiekvideo losgeslaan het. “Energie” word ondersteun deur ’n visueel treffende musiekvideo vervaardig deur die bekroonde Nagvlug Films.

Len is ook bekend vir treffers soos “Vrede” (temalied van kykNET se Mense Mense), “Ek Glo” en “Sarie Marais”, ’n duet saam met Stef Bos. Sy musiek is al op televisie, in films en op van die land se grootste verhoogfeeste gehoor.

Met meer as 75 000 maandelikse Spotify-luisteraars bly sy musiek aanklank vind by oud én jonk. Sy kenmerkende klank meng akoestiese folk met pop, en bring altyd ’n boodskap van hoop en egtheid.

Wanneer Len nie op toer is nie, bestuur hy sy eie kunstenaarsagentskap en tree ook as mentor op vir ander kunstenaars. Hy is ’n toegewyde man en pa, en woon in die Kaap saam met sy gesin.

Besprekings

Word daar kaartjies verkoop vir die vertoning?
Gaan dit binne of buite plaasvind?
Moet ons voorsiening maak vir verhoog, beligting en klank?
Sal ander kunstenaars ook optree?
Is verblyf vir die kunstenaars voorsien?